JAN BLOHM @ Stables Eatery & Bar Stilbaai
Back / Events / JAN BLOHM @ Stables Eatery & B...

JAN BLOHM @ Stables Eatery & Bar Stilbaai

Saturday, December 26, 2026
18:00
The Stables Stilbaai
Interested

About This Event

*Unreserved seating - First come First Serve*Outdoor Setting - Bring Hats & Sunscreen*People are allowed to bring camping chairs for the grass seating.*No own Coolers/Drinks/Food (Venue will have Food/Drinks available)*No firearms/Drugs*No umbrella/gazebos will be open Before/During performanceDie bekroonde sanger en liedjieskrywer Jan Blohm bring sy nuutste produksie, Tot daar waar die lig is, na Stables, Stilbaai toe.Hierdie besondere produksie neem gehore op ’n diep persoonlike en musikale reis deur meer as twee dekades se liedjies, stories en groei. Van die rou eerlikheid van Melkstraat Confessions, die ikoniese debuutalbum wat Blohm as ’n unieke stem in Afrikaanse musiek gevestig het, tot by sy nuutste en mees reflektiewe werk, Tot daar waar die lig is, word sy loopbaan met nuwe diepte en betekenis gevier.In hierdie intieme vertoning verweef Blohm sy musiek met sy lewensverhaal. Gehore kan uitsien na nuwe liedjies uit sy jongste album, saam met bekende gunstelinge wat oor die jare deel van die Afrikaanse kultuurlandskap geword het. Met treffers, diep snitte en vars materiaal bring hy die volle spektrum van sy kunstenaarskap na die verhoog.Elke lied dra ’n storie, van liefde, verlies en verlange tot soeke, hoop en lig. Tot daar waar die lig is is meer as net ’n konsert; dit is ’n eerlike vertelling van waar Jan Blohm vandaan kom, wat hy deurleef het en waarheen hy nou beweeg.Gestroop, intens en opreg, soos net Blohm dit kan doen, beloof hierdie produksie ’n emosionele en kragtige ervaring waarin woorde en klanke saamvloei om twee dekades se Afrikaanse liedkuns te vier.Tot daar waar die lig is is ’n moet-sien vir lojale aanhangers, sowel as vir almal wat glo dat musiek stories dra wat lank ná die laaste noot bly voortleef.Kaartjies beloop R295pp Volwassenes. Alle ouderdomme welkom en kinders onder 8-jaar is gratis.15h00: Deure maak oop18h00: JAN BLOHM Vertoning beginEnige navrae kontak die venue direk - Annemarie: +27 76 073 3694 of Martin: +27 60 794 6460

Live Music Open event upcoming

Location

Loading map...

Location
Main Road 220 East

Address: Main Road 220 East

What to Expect

Live Performance

Experience amazing live entertainment

Great Atmosphere

Connect with fellow music lovers

Quality Sound

Professional audio equipment

Memorable Experience

Create lasting memories

R295.00
per ticket
Get tickets

Add to Calendar

Click any button to add this event to your calendar app

Date & Time

Saturday, December 26, 2026

18:00 (SAST)

Location

The Stables Stilbaai

Main Road 220 East

Category
Live Music

Share this event

Event Tips

Arrive 15-30 minutes early for the best seats

Bring a valid ID for age verification

Check venue parking options in advance

Follow the event on social media for updates