About This Event
KINDER KAMPUS DRIEKAMP: 'n avontuur vir die hele gesin op die plaas. Waar sport, pret en deursettingsvermoë bymekaar kom. Kom bou lewenslange herinneringe saam met jou kinders. KKD is deel van die CERES KERSIEFEES se program en na 'n besige dag met sport, kan gesinne die dag op 'n perfekte manier afsluit met musiek, kultuur en stalletjies. 'n GRATIS kaartjie vir die Kersiefees is ingesluit by die KKD inskrywingsfooi.DOEL: Om kinders aan die sport DRIEKAMP bloot te stel en al drie afdelings te doen in ‘n veilige omgewing, en dit te geniet! PRET is wet!VENUE: KKD vind plaas op Alhambra plaas, Bo-Swaarmoed in Ceres. Swem in ‘n plaasdam (met ‘n seil uitgevoer), fietsry en draf is op ‘n plaaspad tussen die vrugteboorde en berge. Mid en Max resies beleef selfs ‘n stukkie “off road” met hul fiets.STAP VIR STAP DEUR JOU DAG: Deelnemers meld ‘n uur voor hul wedloop by ontvangs aan (in die stoor). Daar is 4 ouderdoms-afdelings. Maak seker oor jou gegewe tyd.Elke deelnemer kry ‘n “goodie” sak met ‘n KKD hempie, swempet en ‘n wedloopnommer en verrassing. Daar is ‘n afgebakende area (oorgangsarea) waar deelnemers hul fiets los. 30 Min voor deelname sal jy ook jou tekkies en benodighede by jou fiets sit.Maak seker jy weet waar is die oorgangsarea se ingang en uitgang. Dit is nie dieselfde plek nie. 15 Min voor die wegspringtyd meld swemmers by aangeduide wegspring plek aan met swempet en brilletjie (indien gebruik).Seuns spring 5 min voor die meisies weg.Swemmers spring in ‘n bondel weg. Indien jy nie so sterk swemmer is nie, beveel ons aan jy staan meer agter. Soos jy klaar maak, hardloop jy na jou fiets in oorgangsarea. Trek jou tekkies en hempie aan en stoot jou fiets uit tot buite oorgangsarea.(Niemand mag binne die versperde area op hul fietse wees nie.)Spring op jou fiets en laat waai! Beamptes en aanwysings sal die roete aanwys.As jy weer terug is by oorgansarea, stoot jy weer jou fiets tot by sy plekkie waar jou ander goed is.Onthou om energie lekkertjies en koeldrank in jou sak te sit by oorgangsarea vir ekstra energie en bederfie!Jy het reeds jou tekkies aan, so jy kan net wegspring met jou draffie. Volg weer aanwysings en kyk uit vir die beamptes op die roete.Maak klaar met ‘n glimlag! Want PRET is die wet! Ons neem deel om dit te geniet! “High five” ‘n maatjie, help hom as jy moet en moedig mekaar aan!VEILIGHEID: By ontvangs sal ‘n mediese stasie wees. GEEN persoon gaan in of naby die dam toegelaat word, behalwe in hul wedren.SWEM: Lewensredders sal op die dam wees op kajaks vir alle swemmers. McFun (3-5 jr) hardloop hulle net deur sproeiers en is hul glad nie in die water nie.Mini (6-8jr) plas – dit beteken hulle mag kies of hul wil swem en of hul enkel / kniediepte wil hardloop deur die water. (Die seil kan bietjie glad wees op plekke.) Mid (9-12jr) 50m swem teen die kant van die dam. Swemmers wat naby die vlak kant wil bly, en nou en dan wil staan en rus, word toegelaat.Met die Max wedloop moet die deelnemers die gegewe afstand kan swem.Swemmers mag aan die kajaks vashou indien hul moeg is. Hulle kan dan rus en verder swem of hulle sal na die kant geneem word as al die ander swemmers uit die water is.FIETSRY:Dra van valhelms word sterk aanbeveel.Dit bly elke deelnemer se verantwoordelikheid om sy/haar veiligheid eerste te stel. Ry aan die linkerkant van die pad. Hou die regterkant oop sodat ander deelnemers veilig verby kan gaan. “Keep left, pass right.” DRAF:Dit word sterk aanbeveel dat deelnemers tekkies dra vir fietsry en hardloop. TOERUSTING: Vir swem word daar ‘n swempet vir elke swemmer gegee. Dit is is ‘n vereiste om tydens hul swem afdeling te dra. Elke kind is verantwoordelik vir hul eie fiets en valhelm.Onthou ‘n handdoek, sonblok en ‘n hoed. Bring plakkies saam vir voor en na jou wedren. Die plaas het dorings, klippe en stokke. PRYSE:Alle deelnemers wat die driekamp voltooi, kry ‘n medalje.‘n Geskenkpakkie vir die seun en dogter wat wen in elke kategorie. “A triathlon isn't about being the fastest - it's about being BRAVE enough to swim, bike and run with a smile." -unknownOUDERDOMS AFDELINGS MET NODIGE INLIGTINGAfstandeKostesItems ingesluit by inskrywingsfooiWegspringtydINSKRYWING:Slegs ‘n sekere aantal inskrywings is beskikbaar per ouderdomsgroep. Met elke inskrywing, onderteken u die volgende vrywaring vir die dag:VRYWARING:“Deelname aan die Kinder Kampus Driekamp geskied op eie risiko. Die organiseerders, borge en vrywilligers aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige beserings, siekte, verlies of skade aan persoonlike eiendom wat tydens of na die byeenkoms mag voorkom nie. Deelnemers bevestig dat hulle medies geskik is en neem volle verantwoordelikheid vir hul eie deelname.”EKSTRA AKTIWITEITE EN VERSNAPERINGS OP DIE DAGSnoepie KosstalletjiesKoffie & slushiesPlaasmark met kersies en vars plaaslike vrugte ‘n Klein fietsbaan om te ry voor of na deelname vir pret (op eie risiko) TOESKOUERS:Familie en vriende is baie welkom om die dag saam te…
Location
Loading map...
Address: Bo-Swaarmoed, Ceres
What to Expect
Live Performance
Experience amazing live entertainment
Great Atmosphere
Connect with fellow music lovers
Quality Sound
Professional audio equipment
Memorable Experience
Create lasting memories
Add to Calendar
Click any button to add this event to your calendar app
Saturday, December 5, 2026
08:00 (SAST)
Alhambra Farm, Bo-Swaarmoed, Ceres
Bo-Swaarmoed, Ceres
Event Tips
Arrive 15-30 minutes early for the best seats
Bring a valid ID for age verification
Check venue parking options in advance
Follow the event on social media for updates