Hoërskool Jan van Riebeeck - 100-Feeskonsert!
Back / Events / Hoërskool Jan van Riebeeck - 1...

Hoërskool Jan van Riebeeck - 100-Feeskonsert!

Wednesday, October 21, 2026
19:00
129 Kloof St
Interested

About This Event

ONS 100-FEESKONSERT – 100 JAAR HOëRSKOOL JAN VAN RIEBEECK!Soos ons eeufeesjaar stadig tot ’n einde kom, wil ons dit afsluit op ’n manier wat ons skool se mense, musiek, herinneringe en trotse tradisies vier. Ons nooi daarom graag elke Jan van Riebeecker om hierdie baie spesiale geleentheid saam met ons te beleef: Woensdag, 21 Oktober 2026 Jan van Riebeeck skoolsaal (verskuif van stadsaal)19:00 – 22:00 Hierdie konsert gaan nie sommer net nog ’n skoolkonsert wees nie. Dit is ’n eeufeeskonsert – ’n viering van 100 jaar se stories, talente, vriendskappe, tradisies en mense wat oor ’n eeu heen deel van die Jan van Riebeeck-familie was. Ons huidige leerders vorm die hart van hierdie besondere aand. Al ons leerders sal by dié konsert in ’n massa-item optree, en ons sien reeds uit daarna om hulle op die groot verhoog te sien. Ons skoolkoor, orkes en marimbagroep is reeds hard aan die oefen, en ’n besonderse alumnikoor word ook saamgestel. Die JvR-Tienertoneelproduksie sal ons aanbieding afrond. En dan is daar nog ’n paar spesiale verrassings... ons is baie opgewonde om van ons bekende oud-Jan van Riebeeckers op die verhoog te verwelkom: Pietie Beyers, Luna Paige en ons seremoniemeester, Vilje Maritz!Die aand word op ’n gepaste wyse afgesluit wanneer ons skoolkoor en al ons leerders saam sing – ’n herinnering dat ons, ongeag die jaar waarin ons hier was, steeds deel is van dieselfde groter verhaal. As ’n trotse Jan van Riebeecker-familielid, behoort hierdie ’n aand te wees wat geen leerder, ouer of oudleerder sal wil misloop nie. Ons vier nie net ’n honderd jaar nie – ons vier die mense wat die afgelope honderd jaar die trotse naam Hoërskool Jan van Riebeeck gedra het, die leerders wat dit vandag dra, en die generasies wat dit môre sal dra...Kom en wees dus deel van hierdie een-keer-in-’n-leeftyd-viering!

General Open event upcoming

Location

Loading map...

Location
129 Kloof Street, , Gardens

Address: 129 Kloof Street, , Gardens

What to Expect

Live Performance

Experience amazing live entertainment

Great Atmosphere

Connect with fellow music lovers

Quality Sound

Professional audio equipment

Memorable Experience

Create lasting memories

R150.00
per ticket
Get tickets

Add to Calendar

Click any button to add this event to your calendar app

Date & Time

Wednesday, October 21, 2026

19:00 (SAST)

Location

129 Kloof St

129 Kloof Street, , Gardens

Category
General

Share this event

Event Tips

Arrive 15-30 minutes early for the best seats

Bring a valid ID for age verification

Check venue parking options in advance

Follow the event on social media for updates