LUNA PAIGE: DIE REISIGERS ALBUMBEKENDSTELLING - OOS-LONDON
Back / Events / LUNA PAIGE: DIE REISIGERS ALBU...

LUNA PAIGE: DIE REISIGERS ALBUMBEKENDSTELLING - OOS-LONDON

Friday, September 18, 2026
2026-09-28 18:00:00
Summit Lifestyle Event Centre

About This Event

Saturday, 18 SeptemberThe SummitsR185pp (general ticket)Street food availableCash bar19:00See English description belowLiedjieskrywer en Sangers van die Kaap - Luna Paige - se nuutste album word in Oos-London bekendgestel!’n Reis vertel deur musiek, stories en kunsGeïnspireer deur Luna se reise deur Suid-Afrika en Suid-Europa – veral haar pelgrimstog op die Camino – ondersoek Die Reisigers temas soos beweging, geborgenheid, verlies, innerlike stilte, selfliefde en -aanvaarding. Hoewel die produksie diep gewortel is in haar persoonlike ervarings, spreek dit tot iets wat ons almal deel: die voortdurende soeke na betekenis, verbondenheid en tuiskoms.Met haar kenmerkende eerlikheid en warmte besin Luna nie net oor die plekke wat sy besoek het nie, maar ook oor die mense wat sy langs die pad ontmoet het. Só ontdek sy telkens die merkwaardige ooreenkomste wat reisigers oor kulture en kontinente heen met mekaar deel.Vir die eerste keer in haar loopbaan verweef Luna elektroniese komposisies in haar ateljee-opnames én verhoogvertonings, wat nuwe klanklandskappe toevoeg tot haar reeds unieke musikale aanslag. Sy word op die verhoog vergesel deur die veelbekroonde musikante Mauritz Lotz en André Scheepers, wie se filmiese kitaar-, klavier- en elektroniese toevoegings die produksie met besondere atmosfeer en emosionele diepte verryk. Met klavier en akoestiese kitaar as haar metgeselle verweef Luna moeiteloos liedjies, stories, humor en eerlike selfrefleksie tot ’n vertoning wat ewe intiem as inspirerend is.Waar musiek en beeldende kuns ontmoetDie bekendstelling van Die Reisigers strek veel verder as musiek alleen en sluit ’n eksklusiewe samewerking met die bekroonde Suid-Afrikaanse beeldende kunstenaar Theo Paul Vorster in.Sy oorspronklike kunswerke vorm ’n integrale deel van Luna se pragtig saamgestelde albumboek en is ook op ’n reeks beperkte handelsware, waaronder T-hemde en versamelstukke, aangebring. Versamelaars sal boonop die seldsame geleentheid hê om beperkte uitgawes (1 uit 10) van Theo se linosnee-afdrukke aan te koop. Hierdie werke sal reeds voor die toer, sowel as by elke vertoning, beskikbaar wees.Saam skep die musiek en beeldende kuns ’n veelvlakkige artistieke ervaring wat kreatiwiteit in al sy vorme vier.Terugvoer oor Die Reisigers"Die Reisigers is ’n pragtig saamgestelde reis van musiek en storievertelling wat die gehoor met merkwaardige eerlikheid in Luna se wêreld intrek. Haar bereidwilligheid om kwesbaarheid te omarm, raak nooit swaarmoedig nie; inteendeel, dit word gebalanseer deur warmte, humor en hoop. Tesame met haar uitsonderlike musikaliteit en innemende verhoogpersoonlikheid lewer Luna ’n produksie wat haar plek as een van Suid-Afrika se voorste sanger-liedjieskrywers bevestig."— Charles WebsterMitH – Music in the Hills, Hilton, KwaZulu-Natal"Luna Paige slaag daarin om haar gehoor deel van haar reis te maak en hulle saam te neem op haar ontdekkings en oomblikke van selfrefleksie. Dit was ’n voorreg om hierdie intieme reis van selfliefde en aanvaarding mee te maak en terselfdertyd nuwe perspektiewe oor my eie lewe te ontdek. ’n Mens stap eenvoudig ryker daaruit."— Erna GerberJeffreysbaai Toerisme, Oos-KaapOor Luna PaigeLuna Paige het haar gevestig as een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde onafhanklike sanger-liedjieskrywers. Sy word geloof vir haar poëtiese lirieke, voortreflike musikaliteit en diep-egte verhoogoptredes. Haar werk oorskry taal- en genregrense en nooi gehore in na verhale wat terselfdertyd uiters persoonlik én universeel herkenbaar is. Met Die Reisigers bied sy haar mees ambisieuse en emosioneel omvangryke werk tot dusver aan – ’n artistieke uitnodiging om die lewe se voortdurende reis met durf, nuuskierigheid en deernis aan te pak.English:CAPE TOWN SINGER-SONGWRITER LUNA PAIGE LAUNCHES HER NEW ALBUM IN EAST LONDONA Journey Told Through Music, Story and Art:Inspired by Luna's travels through South Africa and Southern Europe – particularly her pilgrimage along the Spanish Camino – Die Reisigers explores themes of movement, belonging, loss, inner stillness, self-love and acceptance. While rooted in personal experience, the production speaks to something profoundly universal: our shared search for meaning, connection and home. With characteristic honesty and warmth, Luna reflects not only on the places she has visited but also on the people she has encountered, revealing the remarkable similarities that unite travellers across cultures and continents.For the first time in her career, Luna incorporates electronic compositions into her studio and live performances, adding fresh sonic landscapes to her already distinctive musical palette. Accompanying her are celebrated musicians Mauritz Lotz and André Scheepers, whose cinematic guitar, keyboard arrangements and electronic additions enrich the performance with atmosphere and emotional depth.Performing on both piano and acoustic guitar, Luna effortlessly weaves together songs, stories, humour and heartfelt reflection, creating an…

General Open event upcoming

Location

Loading map...

Location
54 Rosedale Farm - on N6 past Merrifield School, Beacon Bay, East London, 5241, Beacon Bay

Address: 54 Rosedale Farm - on N6 past Merrifield School, Beacon Bay, East London, 5241, Beacon Bay

What to Expect

Live Performance

Experience amazing live entertainment

Great Atmosphere

Connect with fellow music lovers

Quality Sound

Professional audio equipment

Memorable Experience

Create lasting memories

R185.00
per ticket
Get Tickets Now

Add to Calendar

Click any button to add this event to your calendar app

Date & Time

Friday, September 18, 2026

2026-09-28 18:00:00

Location

Summit Lifestyle Event Centre

54 Rosedale Farm - on N6 past Merrifield School, Beacon Bay, East London, 5241, Beacon Bay

Category
General

Share this event

Event Tips

Arrive 15-30 minutes early for the best seats

Bring a valid ID for age verification

Check venue parking options in advance

Follow the event on social media for updates