About This Event
Vir iemand wat nog nooit Kuns & Kurkproppe bygewoon het nie hoekom moét hulle vanjaar daar wees? As jy lus is vir 'n lekker dag of aand uit, is Kuns & Kurkproppe beslis die plek om te wees. Jy kan ontspan, lekker kuier, heerlike kos geniet en sommer iets nuuts ontdek. Ons het 'n verskeidenheid wynplase wat hul produkte kom bekendstel, so daar is regtig baie om te beleef. En dan is Jacobus Silver se kunsuitstalling ook iets besonders. Alles gebeur in die mooi atmosfeer van Monte Bello, so dis die perfekte winteruitstappie. Wynplase sluit in:Beyerskloof Bon Courage BlaauwenklippenOdd Bins Diemersfontein Doolhof Du Toitskloof Van Loveren Vrede & Lust Wat Wil Jy Drink Zorgvliet Knolfontein Le SeuerRobertsons Bosman Family Vineyards De Krans Rietvallei Louisvale Wildebeest Jy kry proeglas ingsluit en kos is beskikbaar teen addisionele koste.Vertel ons bietjie meer van Jacobus Silver en sy uitstalling. Jacobus Silver is 'n plaaslike Vrystaatse kunstenaar met 'n baie unieke styl wat mense laat stilstaan en mooi kyk. Sy uitstalling by Kuns & Kurkproppe vertel 'n storie deur elke kunswerk en nooi jou uit om jou eie betekenis daarin te ontdek.Kom kyk na die eerste klomp spesiale dames van sy nuutste reeks, "Feathered Dinasty" en kom bekyk deel van sy reeks "Left" wat hy uitsluitlik met sy nie-dominante hand aanpak en bietjie dieper delf in die betekenis van die woord. Ons is baie opgewonde om Jacobus en sy werk by Monte Bello Estate te verwelkom. Dis 'n wonderlike geleentheid om plaaslike kuns van naby te beleef, die kunstenaar self te ontmoet en meer oor sy inspirasie en kreatiewe proses te hoor. Dit maak die ervaring net soveel meer spesiaal.As iemand nog twyfel om 'n kaartjie te koop, wat sal jy vir hulle sê? Ek sal sê: moenie die fout maak om hierdie een uit te sit nie! Dis nie net 'n landgoed- of kunsfees nie – Jacobus Silver gaan die verhoog behoorlik laat bewe! Sy optrede tye is Vrydag om 20:00 en weer Saterdag om 15:00. Maak seker jy is daar vir hierdie hoogtepunte van die fees. Daar is goeie musiek, heerlike kos ekslusief voorberei deur Monte Bello, uitstekende landgoedere, pragtige kuns en 'n warm winter-atmosfeer met kaggels en vure. Wat is die tye van die fees? Vrydag aand begin ons vanaf 18:00 tot 22:00, en Saterdag middag kuier ons weer van 12:00 tot 18:00. Dis die perfekte geleentheid om bietjie weg te breek, te ontspan en lekker saam te kuier. Waar kan mense hul kaartjies kry? Dis maklik - koop jou kaartjies op Quicket of sommer by die ingang. Bring jou familie, jou vriende of daardie spesiale iemand saam en kom geniet 'n dag vol goeie musiek, heerlike kos, uitstekende landgoedere, pragtige kuns en 'n atmosfeer wat jou sommer tuis laat voel. Ons sien uit om julle daar te verwelkom. Kom kuier en maak nuwe herinneringe saam met ons!
Location
Loading map...
Address: X77J+M2 Bloemfontein, South Africa, Vaalbank Suid Plaas Tafelkop Brandhof Bloemfontein
What to Expect
Live Performance
Experience amazing live entertainment
Great Atmosphere
Connect with fellow music lovers
Quality Sound
Professional audio equipment
Memorable Experience
Create lasting memories
Add to Calendar
Click any button to add this event to your calendar app
Friday, July 24, 2026
18:00 (SAST)
Monte Bello Estate
X77J+M2 Bloemfontein, South Africa, Vaalbank Suid Plaas Tafelkop Brandhof Bloemfontein
Event Tips
Arrive 15-30 minutes early for the best seats
Bring a valid ID for age verification
Check venue parking options in advance
Follow the event on social media for updates