About This Event
SOMERKLANKE – Vir Deon MeiringKom kuier op Sondag, 13 Desember 2026 by Festa (tussen Wellington en die Paarl) vir SOMERKLANKE – ’n somer-familiemusiekfees ten bate van ons vriend Deon Meiring (Glaskas) se herstelpad.Hoekom ons saamstaan: Op Saterdag, 7 November was Deon buite Durbanville in ’n ernstige motorongeluk op pad huis toe vanaf ’n huiskonsert. Hy het verskeie beserings, insluitend veelvuldige bekkenbreuke, opgedoen en herstel tans in ’n rehabilitasiesentrum in die Paarl. Omdat sy herstelpad intensief en onbepaald is en hy vir eers nie kan optree nie, het vriende en mede-musikante hande gevat om hom te ondersteun met verlore inkomste, mediese versorging, die herstel van sy kitaar en om hom weer op die been te kry.100% van alle winste uit hierdie geleentheid gaan direk na Deon.Line-upSpoegwolfVan Der AvenLuzelleDani VilléKruger & TutuMC: Andrea HurterDatum & PlekDatum: Sondag, 13 Desember 2026Plek: Festa (tussen Wellington en die Paarl)Hekke open: 11:00Wat om te verwagKindervriendelik: ’n Ontspanne familiemusiekfees waar kinders onder 12 gratis toegang kry.Kos & drank: Kos en drankies is by die venue (Festa) beskikbaar. (Geen eie kos en drank)KaartjiepryseWeek 1: R200 per volwassene (23–29 Nov)Week 2: R250 per volwassene (30 Nov – 6 Des)Week 3: R300 per volwassene (7–13 Des)Kinders onder 12: Gratis (bespreek steeds ’n gratis kinderkaartjie op Quicket om kapasiteit te help beplan; moet deur ’n volwassene vergesel word)Kan jy nie die dag bywoon nie? Jy kan Deon steeds ondersteun of die boodskap deel via sy BackaBuddy-veldtog: https://backabuddy.co.za/campaign/deon-meiringBring die familie, geniet ’n dag vol goeie musiek in die Boland, en help ons om Deon te wys hoeveel mense agter hom staan.
Location
Loading map...
Address: R301
What to Expect
Live Performance
Experience amazing live entertainment
Great Atmosphere
Connect with fellow music lovers
Quality Sound
Professional audio equipment
Memorable Experience
Create lasting memories
Add to Calendar
Click any button to add this event to your calendar app
Sunday, December 13, 2026
11:00 (SAST)
Festa Restaurant
R301
Event Tips
Arrive 15-30 minutes early for the best seats
Bring a valid ID for age verification
Check venue parking options in advance
Follow the event on social media for updates